Jongste aktiwiteit:

Dans met my

Johan Fouché het ‘n advertensie in die koerant geplaas dat hy dringend opsoek is na ‘n dans  instruktrise  vir sy groep meisies wat oor paar maande in Parys moet gaan deelneem. Dit is die eerste keer dat hulle oorsee gaan dans, hulle het tweede gekom met die Nationale Kampioenskappe van regoor die wêreld. Hy voel  baie opgewonde toe hy voor die restaurant stilhou.

“Goeie naand Meneer Bester, U gas wag reeds by die tafel wat U bespreek het vroeër vandag.”

“Johan Bester, bly te kenne.”

“Aangename kennis Johan, Ronel Le Roux.”

“Wat sal jy drink Ronel?”

Sy laat die keuse aan hom oor en hy bestel ‘n duur Franse droë rooiwyn.  Na ‘n smaaklike ete  begin Johan haar meer uitvra oor haar dans loopbaan en agtergrond.

“ Ek is baie beïndruk met jou kwalifikasies Ronel, en ek glo ek jy sal ‘n groot impak hê in  my dansskool” “Ek het ‘n groep meisies wat oor drie maande in  Parys gaan deelneem, jy sal hulle afrig, en ook ‘n unieke dans  tema vir hulle uitwerk.”

‘Dit klink na ‘n groot uitdaging Johan. My droom was nog altyd om Europa toe te kan gaan, en om daar te kan gaan dans. Hoeveel meisies is in die groep?”

Hulle is twaalf in die groep, ouderdomme wissel van twaalf jaar tot sestien jaar.”

Ronel teken die kontrak vir ses maande, dit kan moontlik ‘n permanente aanstelling word. Hy stap saam met haar na haar motor.

“Pragtige motor!”

” My pa is onlangs oorlede en ek het die kontant gehad, wou nog altyd ‘n T ford gekoop het.”

Hy het ook sy moeder so twee jaar gelede verloor, hy mis haar oneindig baie.

Die volgende drie maande was moeilik, en harde werk om die meisies gereed te kry vir die kompetsie.

Die groot aand het aangebreek, en Ronel se senuwees is klaar.

Sy kyk gou vir oulaas of alles reg is met hulle grimering, dan  gaan sit sy langs Johan in die gehoor.

Na die prysuitdeling, neem Johan die hele groep na ‘n Restaurant. Hulle vier behoorlik hulle oorwinning daardie aand. Dit was die mees romantiese tyd vir Ronel, haar geluk ken geen perke nie.

 

“Jy is pragtig, ‘n vrou so na aan my hart.”

Hy neem haar in sy arms en hulle sweef  oor die dansvloer.

“Dit is beslis nie die laaste wals vir ons nie Ronel .”

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed