Jongste aktiwiteit:

EERSTE FORD

Hendry Ford staan met sy hande agter sy rug. Sy oë blink van opgewondenheid. Agter hom staan die eerste Ford motor. Sy handewerk.
Stadig begin hy op en af stap. Hy moet sy maaksel met iemand deel voordat hy die koerante kontak. Die span wat hom help bou het aan die motor kyk afwagtend na hom.
“Wat gaan ons nou met hierdie motor doen, Meneer?” wil hulle weet.
“Natuurlik moet ons die media in kennis stel, maar ek dink ek moet nog net een persoon se mening vra. Hy is my goeie vriend. Gaan ontspan julle nou met julle families. Ek sal julle laat roep as ek die groen lig gekry het.”
Haastig ry Hendry met sy fiets na sy vriend. Hy het nie ‘n woord gerep van die motor wat hulle besig was om te bou nie. Nou is hy haastig om sy nuus met sy jarelange vriend te deel.
Sy vriend staan hom en inwag op die trappies en maak die hekkie oop sodat Hendry kan inkom. Hy sien sommer dadelik sy vriend is baie opgewonde oor iets.
“Kom saam ek moet jou iets wys! Ek sal jou sommer ‘n geleentheid met my fiets gee.”
Voor die stoor waar die waardevolle motor staan, slaan Hendry remme aan. Met ‘n groot gebaar maak hy die deure oop. Met genoegdoening sien hy hoe sy vriend se oë rek.
“Is dit waarmee julle besig was? Ek moet voel hoe ry die gedoente.”
Hendry maak swierig die deur oop en laat sy vriend in die passasiers sitplek sit.
Die stoor is so groot dat Hendrie in die ruimte kan ry. Heerlik! Hy geniet die genot op sy vriend se gesig.
“Jy sal hierdie motor ‘n Ford moet noem. Net jy het die kennis om so ‘n pragstuk te bou. Wanneer gaan jy hierdie blink motor bekendstel?”
Weer maak hy die stoor se deure oop en glimlag. Dit wemel van koerant manne met hul fotograwe. Die span met hul gesinne staan eenkant met breë glimlagte. Daar word fotos geneem van die span en hulle word uitgevra. Hendry Ford het sy hande vol.
Eindelik gaan sit hy agter sy lessenaar. Hy wys sy berekeninge, planne en eindelik die produk. Almal is dit eens. Die Ford is ‘n pragstuk. Almal wil ‘n draai ry en voel hoe die motor ry.
Hendry Ford glimlag breed. Die bestellings stroom in. Sy motor is ‘n wenner.

©Wilma




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed