Laatnag se wens
Laatnag vind my hart ‘n wens
ek lê en wonder
oor dinge wat my oor jou laat wonder
toegevou in die nag se lens
Waar jy sag-weg
tussen die flenter some
deur my hart se drome
en wense vleg
My kalm- wees
jou vashou
al my hartseer wat jy opvou
wat my hart se seer kan lees
“Omarmende rym”
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek