Soms raak my praat op. Soos wanneer die vrou wat ons kantoor se tuin doen, my bel en verskoning aanteken: Haar (reeds moeg) bakkie se ‘starter’ het opgepak. Toe sleep hulle maar die waentjie met die tuingereedskap, van huis-tot-huis. En toe word die ding OOK nog boonop gestamp. Ellende. Dié groot mens met die groot […]
Ek wil slaap totdat, deur die loom van katoendons-drome, my oë stadig oopsyfer. Ek wil die Jaar in ‘n bondelhoop op die vloer sien lê, net om dan weer om te draai en af te sluit van dit wat skynbaar daar is. Ek wil slaap totdat die ysterkabels in my ingewande losknoop tot soepel en […]