Wegglip
Vader…?
Hierso, net Hiér!
tussen die NuweDag se Vars Seën
wat uit U TroonKamer Stroom –
tot waar ek in my Kindwees
deur die sleur treusel –
is ‘n Oop Spasie
‘n kleintjie
… kom ons gaan kyk
sommer net gou-gou
na U mooi blomme?
© Emmerentia Pienaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.