AASVOëL-RESTAURANT Ons vriendskap het uitgebloei soos ‘n keel-af skaap in die droë Karoo en wantroue lê doer eenkant soos ‘n brandsiek hond sonder hoop; die gif van jou woorde het my aan die hart gebyt en nou lek ek my wonde soos ‘n afvlerk hoender wat probeer nesskrop in die mishoop van teleurstelling – […]
‘N NUWE NORMAAL Die bekendheid van ons saamwees word wreed gekonfronteer met die onbekendheid van ‘n kankerdiagnose Chemosessies ‘n gedwonge ontdekking van ‘n vreemde skrikwekkende werklikheid Opstandig klou ek vas aan die bekendheid van jou stem jou lag jou hande totdat ek ook dit verloor in die onbekendheid van agteruitgang pyn en … doodse stilte […]
Jy het gesneuwel in die voorste linies van die kankeroorlog en ek was onbewus daarvan dat ek die ossewalaer stywer om my moes trek om die giftige pyle van hulle bitter woorde af te weer Vasgevang in my eie rou het ek oopoë in die lokval ingeloop Vrydag die 13de Junie 2014 skaars 40 […]