‘N NUWE NORMAAL
‘N NUWE NORMAAL
Die bekendheid van ons saamwees
word wreed gekonfronteer
met die onbekendheid
van ‘n kankerdiagnose
Chemosessies ‘n gedwonge ontdekking
van ‘n vreemde skrikwekkende werklikheid
Opstandig klou ek vas aan die
bekendheid van jou stem
jou lag
jou hande
totdat ek ook dit verloor
in die onbekendheid
van agteruitgang
pyn en …
doodse stilte
Noodgedwonge verruil ek
die bekendheid van ons saamwees
vir die onbekendheid van alleenwees
om veel later vrede te probeer vind
in die bekendheid
van die onbekende
wat stil en hartseer
nou deel is van my lewe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek