Die kweekhuis (brons)
natneus venster
hemelliggame teen terra
se dakskerm
rou gekou doop
witlig naels gestroop
verby suurstof se grense
wat onmaanse konstruksie
dissekteer
arig leun
hout en glas op
nag se kil-straal kombers
wat roofkykers
laat skeef skitter
en in hoofpyn verbitter
tog skyn nuuskierigheid
skerp op die swart plant
gordyn
uitheemse oë verblok
wat die moederkerk se
onbekende aanstook
© 2024 Louw-Marie Sauerman
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek