maar jy sien net die flees wat hang aan my been struktuur die keuses, gene en toeval wat my verf en omhul soos ‘n boekband jy kyk teen my oppervlak vas en ek wonder of jy ooit eendag werklik my sal ken en sal sien vir wie ek is in plaas van die idee wat […]

ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]

drome oor jou groet my in plaas van jou, hulle is vriendelik en druk my hart met kosbare liefde kosbare liefde is dit jou siel wat kom kuier by my in die stille sterre nag, is dit ons harte wat steeds in geheim saam wandel vriende wentel soms uitmekaar, sielsmaats bly in mekaar se wentelbaan, […]

ek wil praat maar my mond voel swaar en woorde te lig om uit te dra vir die wind wat als weg waai stilte klou aan my stembande, soos klitsgras aan ‘n wolkombers snoesig en warm is die stilte, maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel oor iets wat ek self nie verstaan rustigheid […]
het jy jouself verloor deur die wind, water en wrywing is dit wie jy roulik is versteek met spogtige leuens ken jy nog jou waarde onthou jy wie jy is, wie jy was jy is nie diamant, goud of platinum nie jy is net grond, net die kosbaarste skepping wat bestaan binne jou word skatte […]
soet sappige leuens van heuning woorde en verklapte vals geheime, wie is jy ooit? weet jy ooit? jy is verblind deur skitterende nutteloosheid al wat jy benut is die tydelike stukkie geluk wat jou leë seer siel vas plak vir ‘n ruk hoekom kruip jy weg, jy steek jou kosbare hart weg jy is bang, […]




