Dagdroom sindroom
ek wil praat
maar my mond voel swaar
en woorde te lig om uit te dra
vir die wind wat als weg waai
stilte klou aan my stembande,
soos klitsgras aan ‘n wolkombers
snoesig en warm is die stilte,
maar tog is daar ‘n gekrap en prikkel
oor iets wat ek self nie verstaan
rustigheid waak oor my,
soos die kalmte voor ‘n storm
alles voel leeg en stil
behalwe vir die swerm voëls
wat oor my kop vlieg
realiteid stop en speel
soos ek verlore raak
in die gekletter van die voëls
en waar ek nou tans
myself vind
is die alles net ‘n droom,
die paar sekondes,
voor ek waak
en die lewe my weer
holderstebolder om slaan
of is ek gevang,
in ‘n dagdroom sindroom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.