Jongste aktiwiteit:

‘n Nuwe lewe blom

In ‘n verlate bos eggo vergeefs,
verlore
die winter se skrille gille
weer en weer en weer

Die geur en aroma van lente
word winter van sy vaal kombers gestroop
wanneer hy afgeëts teen rooibalgloed
oor die horison verdwyn

Die strelende, helende warm strale van die son
in sy oggendsongroet
en die heerlike lente net om die draai,
laat kalmte sag neerdaal

Diep in die ou boom se harde bruin bas
voel hy hoe kry die droë harde grond weer lewe
hy luister na die fluister van die lowergroen blaartjies
diep groen blaartjies,
koggellag vir die nuwe lente prag




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak