‘n Nuwe lewe blom
In ‘n verlate bos eggo vergeefs,
verlore
die winter se skrille gille
weer en weer en weer
Die geur en aroma van lente
word winter van sy vaal kombers gestroop
wanneer hy afgeëts teen rooibalgloed
oor die horison verdwyn
Die strelende, helende warm strale van die son
in sy oggendsongroet
en die heerlike lente net om die draai,
laat kalmte sag neerdaal
Diep in die ou boom se harde bruin bas
voel hy hoe kry die droë harde grond weer lewe
hy luister na die fluister van die lowergroen blaartjies
diep groen blaartjies,
koggellag vir die nuwe lente prag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek