Wit liefdes wolk
ons skarrel in ‘n bootjie
elkeen op sy eie foontjie
aan stukkies is ons aanmekaar geheg
deur netwerke heen en weer gevleg
vang ons die liefde vas
en sweef op wit liefdes wolkies gepas
reënboogmooi in elkeen se lewe
skyn die son sonder om te bewe
kies jy jou eie rigting in die wind
vir ander moeilik om te vind
stotter ons soms woorde
en stem saam in akkoorde
vasgevang in netwerke
kom sommiges nooit in kerke
leef hul die liefdes lewe sorgvry
weet hul net hoe om asem te kry
en wit liefdes wolkies is al waaraan hul dink
en glasies wit wyn saam te skink
op my bootjie sal ek vaar
tot daar waar ek Jesus gewaar
in my eie kokon vasgedraai
waar geen een martelry saai
sweef ek op my wit liefdes wolk
en beskou hierdie land se volk
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.