Jongste aktiwiteit:

Grond

het jy jouself verloor
deur die wind, water
en wrywing
is dit wie jy roulik is
versteek met spogtige leuens
ken jy nog jou waarde
onthou jy wie jy is,
wie jy was

jy is nie
diamant, goud of platinum nie
jy is net grond,
net die kosbaarste
skepping wat bestaan

binne jou word skatte gevind
van onskatbare waarde
jy besit reeds dit
wat jy soek en na smag

eers wanneer jy jouself
vind en aanvaar,
eers wanneer jy roulik
jouself sal wees,
sal die lewe vir jou
ten volle kan begin




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed