Titel: Roulik genoeg
Deur Carma Mostert
soet sappige leuens
van heuning woorde
en verklapte vals geheime,
wie is jy ooit?
weet jy ooit?
jy is verblind deur
skitterende nutteloosheid
al wat jy benut is die
tydelike stukkie geluk
wat jou leë seer siel
vas plak vir ‘n ruk
hoekom kruip jy weg,
jy steek jou kosbare hart weg
jy is bang, jy het seer,
netnou gebeur dit weer
so drink dit vinnig weg
en gooi dit toe met
als wat jou as “goed genoeg”
kamoefleer
ek huil vir jou, ek voel vir jou
ek sien jou, reg deur jou
ek het deur ‘n stukkie van
jou versteekte siel gesien,
ek weet,
ek hoop jy val uitmekaar
en laat die Here jou terug vul
met wie jy regtig is,
dat jy sal weet jy is klaar
as jou roulike self
genoeg
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek