Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Drome oor jou

Deur Carma Mostert
Datum gepubliseer: 12 September 2021 Aantal woorde: 89 23 Kere gelees 2

drome oor jou
groet my in plaas van
jou,
hulle is vriendelik
en druk my hart
met kosbare liefde

kosbare liefde

is dit jou siel
wat kom kuier by my
in die stille sterre nag,
is dit ons harte wat steeds
in geheim saam wandel

vriende wentel soms uitmekaar,
sielsmaats bly
in mekaar se wentelbaan,
soms vêr,
maar nogteeds daar,
altyd daar

met elke aand
se stille kalm nag
sal my siel vir jou wag
om saam te dans
soos die sterrestelsel
in harmonie,
met ‘n ewige,
melodie




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 6
Kommentaar telling: 0

ek skryf soms wanneer ek nie kan praat nie

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 114 gaste aanlyn

Bydraes – Argief