skeel-oog se tja-ma kyk in kalbas se kelk sy sè: “jy moet bokgoed ja tokkelossie steel hul melk.” skeel-oog dans n gode-dans al agter die bok hy’t suutjies-suutjies agter die berg geloop hy’t vir mamma-goed gejok hy’t koffie se wit-maak-goed aan kaaiman vir twak-goed gaan verkoop.
pik-swart tok-tokkie op die grond tink-tinkie in my tuin op die stoep my troue hond die lewe is n glasie wyn opgekrul lè kietsie-kat nag-swart haartjies sag en fyn reèn-druppels op my huis se dak die lewe is n glasie wyn in die kaggel knetter daar n vuur vèr-af die see se sagte dein in […]
jannetjie -piet se bicycle klop-klop al langs die donker pad hys dronk in sy kop vanaand gaan die poppe roer wraak sit soet-stil in sy bors want daai slegte jan slang het gister-aand so hoor hy toe die maan skeef-kop lè op die dansvloer by bo-krans glad riel-riel en binne-boud met sý kopdoek rosie gedans. […]
as ek so deur my vèr-verle se jare loop dan hoor ek weer die wind by keetmanshoop vir dae aanmekaar kom ruk en pluk hy aan ons huis se venster-raam kom sing hy heimweè uit my uit en hamer aan my venster-ruit al om die hoeke van die huis kom dans die wind en sing […]
pik-swart toktokkie op die grond tink-tinkie in my tuin op die stoep my troue hond die lewe is n glasie wyn opgekrul lè kietsie-kat nagswart haartjies sag en fyn reën-druppels op my huis se dak die lewe is n glasie wyn in die kaggel knetter daar n vuur vêr-af die see se sagte dein in […]