Jongste aktiwiteit:

die lewe is

pik-swart toktokkie op die grond
tink-tinkie in my tuin
op die stoep my troue hond
die lewe is n glasie wyn

opgekrul lè kietsie-kat
nagswart haartjies sag en fyn
reën-druppels op my huis se dak
die lewe is n glasie wyn

in die kaggel knetter daar n vuur
vêr-af die see se sagte dein
in hierdie laatnag uur
skink ek maar nog n glasie wyn.

stèrre vonkel-flikker in die nag
die maan wat goud-geel skyn
my lief wat op my tuis-koms wag
die lewe is..
n glasie wyn..




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed