prisma
die sonstrale verblind my met hul reënboogkleure
as dagbreek sy eerste strale deur my kunsoë werp
op my duin is daar baie kleure wat weerkaatsend
oor die wye baai sy tapisserieë oopsper en kwas
elke ligstraal word deur wye-hoek strome versend
byna verblindende kleur fasette wat glinsterend lig
so is die bril wat baie mense altyd aansit in kleure
daardeur sien hulle die verwronge kleur van goed
sonder kleur en geur sou aarde bar en kaal vertoon
sonder prismatiese kleur-vertolking sou mens verstar
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.