wraak
jannetjie -piet se bicycle klop-klop
al langs die donker pad
hys dronk in sy kop
vanaand gaan die poppe roer
wraak sit soet-stil in sy bors
want daai slegte jan slang
het gister-aand
so hoor hy
toe die maan skeef-kop lè
op die dansvloer by bo-krans
glad riel-riel
en binne-boud
met sý kopdoek rosie gedans.
van coen vollgraaff
coengroenkloof@gmail.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.