Op die rand van die kaart van ken In die grens tussen weet en wonder Raak elke vrees ‘n duistere draak Drome vol vuur en verwoesting druis Die draak wat telkens sy skat kom eis En ek wat bewend die losprys betaal Maar vrees word nooit versadig nie Die dans raak vervelig repeterend Beraam ‘n […]

Onder venynige woestyn warm son klim hy met vasberade selfversekerde tree die rots skanse van die berg van God Om daar op die kruin met die Wolk te praat met geoefende hammer slae en geslypte beitel kerf hy die instruksies in die klip tablette Maar die mensdom aanbid sekerheid meer as gewillig om duur te […]

Vertrou die tog van rou al skaaf die tuig Sy juk is sag jou las te swaar laai af, laai af Vertrou die stort van trane wat wonde was Sy sout inwerk jou letsels soos bloeisels dounat laat blom
O blye hartseer tyding my meerderwaardigheid het die stof gebyt my medemens nog onaangeraak deur die verlies, maar hoopvol vir n toekoms met ‘n my, nou vry van daai ou suur klimrank pes met sy lense van limiete wat visie van andere verdof tot karikature in kleinlikke kassies en ek die aap met die goue […]




