Klip hart sag
Onder venynige woestyn warm son
klim hy met vasberade
selfversekerde tree
die rots skanse van die berg van God
Om daar op die kruin met die Wolk te praat
met geoefende hammer slae
en geslypte beitel
kerf hy die instruksies in die klip tablette
Maar die mensdom aanbid sekerheid
meer as gewillig om duur te betaal
vir ‘n sigbare, stom tasbare
maar goue kalf
Tablette aan skerwe
teleurstelling, woede
Gefaalde volksleier
wat maak jy nou?
Onder ‘n ontblotende woestyn warm son
klim hy met bewende
onskere tree
die rots skanse van die berg van God
Sy vrees vlak in sy borskas
Op die kruin vind hy net Liefde
Wat hom veilig
in ‘n skeur koester
Met die omdraai slag
glimlag in glorie
Die keer die instruksies Self te kerf
op die oop boek van Moses se hart
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.