Poort van die heuningbye – Hoofstuk 15
Poort van die heuning bye(H15)
Martie Van Rhyn staat op die voorstoep, starende na die plat Vrystaatse vlakte, hier en daar is ʼn groen boom te sien, Sy is reeds 28 jaar getroud met Herklaas Van Rhyn, ʼn skatryk boer, self het hy nie die rykdom versamel nie, maar geërf van sy Vader.
Op die huweliksreis, die eerste nag wis sy dat sy ʼn groot fout begaan het. Maar Herklaas is ʼn eerbare man en sy respekteer hom en geniet al die finansiële voordele aan die huwelik verbonde, maar haar hart is vir ewig verpand aan Kobus Brink.
Haar man is op kommando, haar oudste seun Gideon wou met alle geweld saam gaan maar Herklaas het hom versoek om Martie by te staan met die boerdery.
Sy dra ʼn groot geheim saam met haar, die liefde vir Kobus Brink ook voel sy skuldig dat sy destyds geld gekies het bo liefde. Vir jare was hulle getroud voordat sy swanger kon word omdat sy in haar bed altyd met Kobus Brink se skim gaan slaap het.
Haar suster Lenie, het met Paul Brink getrou ondanks dat hy saam met sy Vader moes boer. Hulle het van af die eerste dag as getroude egpaar saam met Paul se ouers in dieselfde huis gewoon. Paul Brink het ʼn vermoënde boer geword en haar suster Lenie is baie gelukkig. Sy wat Martie is was gulsig en het haar geluk op aardse rykdom geplaas maar terug draai kan sy nie die verlede nie.
Gideon, haar oudste seun kom die trappe van die veranda opgestap, hy is ʼn aantreklike seun. Herklaas vertrou sterk op hom hy is as oudste die toekomstige boer van die boerdery.
“Ma, daar by oom Gert De Bruin kook onheil. Hy het wrintig van oggend sy koeie in die onderste kamp gejaag, toe ek hom vra om die beeste te verwyder het hy my lelik aangekyk en hy skreeu na my!.
”Verwyder, waarom sal ek? Ek is nou die baas hier die Engelse het hierdie plaas nou aan my toegeken. Hulle is nou my leiers, julle moet trap, eindelik het julle rykdom ten einde gekom!”
“Gideon wat is verkeerd met hom, hulle is bywoners hier hy het geen seggenskap op die plaas nie?.”
“Ek weet nie Ma, maar na my luister hy nie. Tante Lottie het my net
aangekyk met haar hande in die sye, daar was haat in haar oë Ma.”
Ai, probleme sonder Herklaas sal daar wees. Sy sal maar haar sonhoed moet opsit en afstap na die De Bruin’s en hoor waar om hulle so optree.
Herklaas was by die slag van Majuba hulle het gesig tot gesig geveg. Die kartetse het rond gevlieg en daar was vele dooie soldate. Die liggame van Burgers en die Engelse het soos oop gebarste oorryp waatlemoene op die slagveld ge-lệ en Kommandant De Kock se mense was gevange geneem.
Herklaas het self ook ʼn kartets wond opgedoen maar kon wel saam met ander Burgers ontsnap na Generaal Cronjé waar die stelling ingeneem het rondom die heuwels by Ladysmith. Volgens Herklaas se vertellinge het veel soldate aan Britse sowel as aan Burgers se kant gesneuwel by Ladysmith, veral die Vrystaters, die dooies was so veel dat ʼn dag van stilstand uitgeroep was sodat beide kante hulle dooies kan begrawe.
Hierdie oorlog van Dooies wink na haar seun. Sy staan magteloos teenoor die gedagte dat Gideon ook geoffer gaan word op die slagveld met sy dooie liggaam die ete word van die swart kraaie, voëls die reeds geklee in rou kleding.
Voor die de Bruin’s se huisie lê ʼn maer boerboel in die son wanneer Martie aankom spring hy met ʼn vaart omhoog en hardloop haar grommend tegemoet sy bo-lip omhoog getrek. Lottie De bruin kom die voordeur uit die voorskoot is blink swart van die vettigheid soos sy haar hande daaraan afvee. Sy kyk Martie met ʼn sarkastiese grynslag aan.
“Wat kan ek doen vir die rykes van ons samelewing ? of glo julle nog dat julle ryk is? maar dit is verby! Die Engelse sit julle lekker op die plek, Nệ!”
“Lottie waar is Gert, ek wil met hom praat?.”
Lottie roep na agter “Gert! Gert! Kom ons het hoë besoek vandag.”
Sy draai haar om en verdwyn na binne. Gert kom hande in die broeksak na buite.
“Ja wat kan ek doen vir jou Nig Martie?”
“Gert jy het jou beeste in die onderste kamp gejaag, sal jy hulle asseblief verwyder?”
“Nee, ek werk nou vir die Engelse en neem net instruksies van hulle en onthou enige Burger die op hierdie plaas kom kos soek sal ek rapporteer.”
Hy draai om en maak die deur in haar gesig toe. Hy het ʼn Volk verraaier geword, ʼn Hensopper. Sy sal die bure moet waarsku sy sal Gideon te perd moet stuur.
Martie se bene kan haar nie vinnig genoeg dra na die huis nie, sy is uitasem as sy die stoep op loop.
“Gideon, kom my kind waar is jy vinnig?”
Gideon kom aan gehardloop, “wat gaan aan Ma, is Pa dood?”
“Nee, my kind Gert De Bruin is ʼn mak kakie van die Engelse. ʼn Verraaier van ons mense, dit is gevaarlik. Hy dreig dat as ons aan die burgers kos verskaf hy ons sal aangee by die Kakies. Dat ek hierdie dag moet beleef dat my eie volk se mense Hensoppers word”
“Wat wil Ma hê moet ek doen?”
“Neem jou perd en gaan waarsku die bure, jaag want elke dag kom Burgers kos soek”.
“Goed Ma ek gaan dadelik”
Haar hart klop in haar keel, Gideon het nie eers die saal op die merrie perd nie, hy jaag met die perd verby die voorstoep. Sy hoop dat hy betyds is om die waarskuwing oor te dra, indien enige verkenners op die plase aandoen kan hulle voorsorg tref.
Dit is laat in die nag en donker. Martie het geen perdepote gehoor nie, skielik staan Gideon net in die kombuis deur.
“Gideon ek het jou nie hoor terug kom nie, waar is die perd?”
“ Ma, ek het hom terug gelei die laaste myl sodat Gert niks hoor nie. Ma, O! Liewe Heer van Genade Ma, wat ek gesien het is te vreeslik om oor te vertel”
Hy begin op die vloer opgooi, die middag ete lê oop gesprei op die perske pitte vloer.
“Askies Ma, ek kan nie anders nie”
“Wat is dit Gideon, vertel my?”
“Ma, die Kellerman’ se plaas, die Du Toit’s se plase is afgebrand tot op die rou aarde, die diere is dood gesteek, die varke lê half verbrand in die hokke, koeie en skape lê in die wei veld opgeblaas, die hoenders se nekke is omgedraai, daar is niks oor nie, net niks nie, die Hel se vure het Satan self aangesteek en alles vernietig, ek is bang Ma, dat ons die volgende is”
“Gideon waar is die vroue en kinders?”
“Die een beeswagter van die Kellerman’s het weg gekruip. Hy vertel dat die vrouens en kinders net gou iets bymekaar moes kry en die Kakies en die Hensoppers het daarna alles aan die brand gesteek. Die Hensoppers het dit vreeslik geniet saam met die Kakies en die vrouens en kinders was soos vee voor die perde gejaag na ʼn konsentrasie kamp iewers”
Martie probeer kalm bly, sy durf geen vrees teenoor hom openbaar nie, sy moet terwille van haar kinders sterk bly en ʼn beslissing neem.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.