Meerderwaardigheid
O blye hartseer tyding
my meerderwaardigheid
het die stof gebyt
my medemens nog onaangeraak
deur die verlies, maar hoopvol vir n toekoms
met ‘n my, nou vry van daai ou suur klimrank pes
met sy lense van limiete
wat visie van andere verdof
tot karikature in kleinlikke kassies
en ek die aap met die goue ring
in my eie kas op die paal
moet daai bril laat sak
om mooi in die spieel te sien
O blye hartseer tyding
my meerderwaardigheid
moet die stof nog byt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig is vir my so waar. Ek verstaan dat net as ons ons “brille” verloor dan kry ons weer nuwes 🧐 Net een stukkie kritiek “kleinlikke” word met een k gespel Dankie vir die deel maar hoekom is jy so stil wat kan ons doen om jou op Ink aktief te kry? Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.