Sirkels
Sirkels
Sirkel sirkel kring
gewaarwordings kom plotseling
die Rots moet die druppels
van my eng kalm rede
morsig laat spat
om ruim te skep
vir wyer dyende golwe
van vars openbaring
tot die ouer dieper kalm kom
nou met die Rots
gekoesterd in die diep van my dam
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Dis goed die tema wwat ek vind is dat die rots sal verwoes maar dan ook diep kalmte bring. NS Skryf weer meer !