Dis laat-laat in die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry, starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so al asof jy skielik so half moet kug-kug om […]
Jy hoor dit eers net hier en daar en as jy, soos ons, nie tv kyk nie en dus geen of baie min nuus kyk, is die nuus rakende die virus eintlik minimaal. Maar soos die dae – ure? – aanstap, hoor jy meer en meer daarvan, totdat dit sowaar AL is wat jy hoor. […]

Gesels ‘n paar van ons vanaand by ‘n vergadering. Eintlik is ons baie ernstig, want daar is dinge wat beplan en gereël moet word. Maar nou ken jy mos ‘n klomp vroumense bymekaar – die een ding lei tot die volgende en voor jy jou kom kry, beplan jy hoeka nie meer nie. Hoe so? […]

Jy woon ‘n byeenkoms by en word saam met vreemdelinge ingedeel by ‘n tafel. Jy maak, soos almal maar doen, geselsies. “Hallo, ek is Martha.” “Aangename kennis. Ek is Drien.” “O? Hallo, Drien.” “Snaaks dat ons mekaar nog nie raakgeloop het nie. Ons ou dorpie is mos darem nie so groot nie.” “Ja, ek hou […]
VEG OF VLUG “Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede […]
Dans met die rooi rok, die hartlam van my. Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai … Al in die rondte, vinniger en vinniger totdat die aarde ‘n draaiende waas om haar is. Sy draai en swaai en gly oor die vloer. Rooi rok. Draai, draai, draai. Mooi […]
Liewe Vader Krismis Ek skryf vandag vir jou omdat ek nie weet vir wie anders om te skryf nie. Moet tog maar nie die briefie opskeur nie, ‘seblief. Lees hom maar en sit hom iewers neer waar iemand wie se hart soos myne voel, dit ook kan lees. Jy sien, die saak staan nou so: […]

“Jy kan die donker, swart hond van jou stoep af gooi …” Sjoe, ek moet dit met jou deel! Ek luister na ‘n onderhoud met Valiant Swart en sit verstar! Dit is hy wat ‘Sonvanger’ geskryf het. Hoe kon ek dit nie weet nie? Dit slaan my dronk, want dit is presies wie hy is, […]

Dit is laat in die aand. Ek en ‘n goeie vriend wat ver woon gesels so effens op Whatsapp. Effens? Ja, so nou en dan sê die een iets en dan antwoord die ander weer ‘n bietjie later. Ek wil weet hoe kry hy en vroutjie die Vrydagaand om. En net daar vang hy my […]

Die aarde is ‘n rooi stofwolk. Dat sy nou juis op so ‘n dag hier moet afklim! Annelie bind ‘n serp oor haar mond en neus en sien dat die meeste ander passasiers dieselfde doen. Iemand kry haar aan die arm beet. “Mevrou, ek is John. As ons uitklim, moet jy aan my vashou. Hierdie […]
