Pieter se kantoor is op die tiende vloer van ’n gebou in Pretoria. Hy sit en wag vir Johan, sy goeie vriend uit die Kalahari. Johan het ’n Landbou-uniekongres in Pretoria kom bywoon. Hy het met Pieter gereël om hom by sy kantoor op te laai om by hom op sy plaas in die Kalahari […]
Oktober is die tiende maand van die jaar. Vir die meeste mense is dit bloot nog ’n syfer op die kalender, nog ’n tree nader aan die einde van die jaar. Vir my het die syfer 10 hierdie maand egter ’n groter betekenis. Wanneer ’n ek in die aand na die sterrehemel kyk, word my […]
Oktober is die tiende maand. Die syfer 10 op die kalender is ’n klein teken, maar is inderwaarheid die draer van groot betekenis. Tien vingers, tien gebooie, tien syfers waarmee die mens leer tel, meet en orde skep. Tien sluit ’n reeks af. Dit dui op voltooiing, maar agter elke voltooiing wag ’n nuwe begin. […]
Die getal tien het deur die eeue ’n betekenis gekry wat veel verder as sy numeriese waarde strek. Tien sluit ’n reeks af, maar juis daarin lê die moontlikheid van ’n nuwe begin. Wanneer ’n mens by tien treë uitkom, kan jy terugkyk na die spore van die nege wat jy reeds gegee het. Elke […]
Tien woorde voltooi die sirkelpatroon In sy soewereine volheid word Eindelose orde omring met Nuutskeppinge in die kring ingebring Waar begin voltooiing ontmoet Omsluit tien die volle siklus en Ontsluit die drumpel laaste lig Reflekteer in eerste lig en Determineer ’n nuwe gedig in ’n Eindligsirkel* van tien woorde ——oooOooo—— ©Pieter Mostert *=neologisme
tien vingers duinedans* neologismes inversie woorde tussen duinesekeltjies* waar stilte reeds ’n nuwe anafora dra en sinestesie van tien gebooie rigting aanwys onder triljoene sterre in die donker waar ’n nimmereindigende orde die anastrofe van die daeraad dra daar – skryf tien vingers ’n tienreëlepiloog* en word elke epiloog ’n proloog en elke proloog word […]
Met verwysing na menswaardigheid het die digter Sheila Cussons, gesê: “I don’t like biologists who talk about man as if he were only a pan of brains, and I like theologians even less who seeing him shattered insult the remains” (“Ek hou nie van bioloë wat oor die mens praat asof hy net ’n brein […]
Na vyftig jaar stap Johan weer op die voetpaadjie wat deur die kranse kronkel tot by die vlei. Daar is ’n opgewondenheid in sy hart. Dit was die mooiste vleiland wat hy nog ooit gesien het, dink hy. Plek-plek was dit oortrek met die pragtigste waterlelies. Naaldekokers soos klein helikoptertjies het heen en weer oor […]
onrusbarend reis die wêreld deur die vensters van my oë skommel selfone die hemel van môre tot die aand in ons skole in ons kerke in ons werke in ons huise tot in ons kombuise word normale verbale kommunikasie versmoor en tussen die eerste klik en die laaste swipe grinnik/hoonlag LED-lig blou oë agter glas […]
Ons gebruik die woorde “dit is my opinie” so maklik. Ons sê dit wanneer ons oor politiek oor geloof, oor mense, oor die ekologie, oor die lewe ensovoorts praat. Soms sê ons dit met groot sekerheid, altans so dink ons. Soms sê ons sommer net iets omdat ons dink ons weet iets oor ’n sekere […]