Jongste aktiwiteit:

’n Wêreld in ’n sandkorrel

Ek sit op die kruin van die hoogste duin
in die eindelose sandsee van die Kalahari
waar stilte voor oneindigheid kniel
onder die oopgesperde hemel blou

die wind liasseer die dag se spore
in die geheue van die sand
en korreltjie vir korreltjie gly
die ewigheid deur my vingers

ek sien ’n wêreld in een sandkorrel
oneindigheid in die palm van my hand
’n wilde blom vou die hemel oop
terwyl tyd lig word soos stof in die son

sien ek die Skepper skryf
met die wind in die sand
waar die kleinste aan die grootste raak
en diepe verwondering uit my binneste ontwaak

daarom tel ek sand op soos kosbare gedagtes
en sien ek in elke blom die hemel oopvou
————oooOooo—————
©Pieter Mostert
Voetnota:
Om ’n wêreld in ’n sandkorrel te sien
en die hemel in ’n wilde blom,
hou oneindigheid in die palm van jou hand
En ewigheid in ’n uur.
• William Blake se woorde: “To see a World in a Grain of Sand And a Heaven in a Wild Flower, Hold Infinity in the palm of your hand And Eternity in an hour.” Aangehaal uit Auguries of Innocence 1803.  gepubliseer in The Poetical)

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed