Diep en donker rafyne
Soos ‘n bal vol bloed
hang die maan in die lug
blou reën speel in die see
gly oor die branders se rug
Die aroma laat my mond water
dit hang soos lanterns in die donker
elkeen spat in sy eie rigting
soos die bloed pomp deur die water
Die son sukkel
om my vol somer te blaas
huiwerig verskyn sy eerste strale
en maak my hart vol verlange
Wanneer winter ys in jou hart
herfs afgemeet en meedoënloos verbygaan
kan jy lente en somer
in ‘n spierwit swaeltjie nes kom pak
Onthou jy die winter
die nagte lank en koud
onthou jy die lente
die koel aande onder die sekelmaan
Dit is die somer se goue strale
die eindelose branders van die oseaan
onthou van somer, ‘n herinnering
verlange na gister, en heimweë na mộre
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek