Dante se glassade
Onsigbaar
onvrugbaar
spoorloos ongesien
lê daar ń glassaad
in die melkwit-hart
van elke stomme woord,
wat smag om te ontkiem.
Vasgevang in fete
tussen hart en verstand,
wagtend om wortel te skiet –
slaap ongesproke woorde
sonder spore op papier
salig ingekrop – verniet…
Anders as Dante se glassade
wat vir eeue aanhou blom,
lank na menig’ ryk geval het
steeds voortleef in die son.
Anders as Pablo Neruda
wat dekades na sy dood
die hart se taal nog praat –
sluimer sporangieë
van my woorde rustend –
sku om te ontwaak.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.