Jongste aktiwiteit:

Eva se lente

As jy weer minne-woorde skryf
onthou om nie te vergeet
van haar lente wat oor jou siel dryf
wat die nadraai van jou winter te ontleed

Op die sesde dag was alles mooi
en dit was winter en skielik net lentegeure
toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi
ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde kleure.

Jul saamwees het lewende lente gebaar
om die koudheid van alleenwees te laat vlam
Eden se vrede-vrugte was ongeewenaar
onder dié appelboom by die middeldam.

As hy maar net die sluwe slang kon uitvang
sou julle nogsteeds eindeloos hier kon uithang.

© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed