
Solmisasie
Ek streel jou naam
met die oggendson
se heel eerste sang
oor my laaste traan;
heelnag
het ek gewag
geroep
geween.
Met die ademlose eggo
van jou vormlose voetspore
raam ek ‘n nuwe dag
om die soom van my
cadenza skaterlag
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.