Jongste aktiwiteit:

Eggo

Jou eggo pen my vas
waar die ink deur jou hart lek
en vreedsaam weergalm
deur my binne-mens
hier waar ek stom-skugter skuil
in die diamant glinster van jou oog.

Jou woorde smelt oor my doofstom-bestaan
tot waar die sekelmaan se bo-punt krul
en verlos die monster in my apokalips.
Ek wens ek kon wegsweef
op die vlerke van jou heilige akoorde
dwarsdeur die supernova
van jou heelal.

Vaagweg weergalm jou eggo
weer en knak my klankbaan
met jou stem se stille-roep
tot waar relatiewe sentiment
ons diepste dal
se skadu’s weerspreek.

© 2016 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed