Jongste aktiwiteit:

RYE SPORE

RYE SPORE

Vers1
Rye spore het ons op die strand geloop
Jy het rye spore deur my hart geloop
Voetspore, diep in my siel gebrand
Jy het sagkens in my hart beland

Vers2
Rye spore het ons op die strand geloop
Jy het rye spore deur my hart geloop
Kyk in my oë so skaam en verleë
Tye so spesiaal hier langs die see

Vers3
Rye spore het ons op die strand geloop
Jy het rye spore deur my hart geloop
Ons het saam gelag en gebabbel
Kaalvoete deur die sand geskrabbel

Koor
Teken ons ‘n hart in die sagte sand
Stap ons saam-saam in die maanlig aand
Ons liefde wat ons saam uitstraal
Ons liefde wat ons laat verdwaal
Saam het ons, ons ware liefde kom haal

Eleen van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed