
Saggies troetel en streel
Gee vir my ‘n wye hoed
gee vir my die son
wat my hand sal vat
gee vir my die lente
en ‘n hart vol vrede
Ek wil elke dag met jou deel
dit vul met somergeel
elke sonsopkoms saam jou geniet
want elkeen is uniek
Ek vergryp my in die geure
van bloeisels en blomme
met groener grasse fyn
ek hou van geel wat straal
van lewenslus
Die lente het aangebreek
dit begin in my hart te blom
dit kruip tot diep in my siele kamer
jy is die allermooiste skoenlapper
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.