Jongste aktiwiteit:

die skulpie vertel

die skulpie vertel ‘n seeverhaal hulle het in die vlak golfies gestaan haar arms styf om sy ruwe lyf sy oë dwingend na haar volryp mond trane het gerol oor haar bloswange en agter hulle stil die berg se hange die grou van sy oë weerkaats die onrus van die see sy lewenstaak wat die […]

Lees meer

Saluut!

’n Kis word by ons verby gedra … Dis wanneer ek my gedagtes, daardie van lank gelede, uit my hart gaan haal in ‘n vlag toedraai en oor jou spore neerlê ek verwoord ons saamwees, stof die langste aande se stories effens af, onthou hoe ons gedemp moes fluister ek klim van ons herinneringe se […]

Lees meer

Tetactrys Struktuur

Tetactrys Struktuur waar reënbui drupsgewys skitter-skater vind juigend die velde vol graspolle verlustig in die reënboogbelofte rotslikkewaan klipdassies spreeu en duif ©adéle

Lees meer

As hoop wegraak

Die weervoorspelling gee vooruitsigte waarop ons net kan hoop. Ja, reën vir die droë weivelde. Maar, as ons nie kan hoop nie … dis dan ‘n derde van ons innerlike emosies. Is geloof, hoop en liefde nie deel van ons lewe nie? Maar as ons een daarvan verloor, wat bly dan oor? Want elkeen is […]

Lees meer

Arme vyfsent

Arme vyfsent (Villanelle) ‘n Vyfsent lê daar op die kas. Sy dae is getel, sy waarde verlore. Hulle word gestuur na die argief. Vir die teller is hy ‘n las, om te betaal is hom nie beskore. ‘n Vyfsent lê daar op die kas. Geen aansien meer in eersteklas, bokse vol verpak in afvalstore. Hulle […]

Lees meer

‘n Breë, breë pad

Daar is ’n breë, breë pad wat om en om die aarde wentel. Mense, die pad is pragtig uitgelê. Dis so netjies. Dis edelgesteentes van alle kleure en groottes; nie altyd die ware jakob nie, maar baie goed verbloem in oorgeblaasde goud en silwer. Die stalletjies langs die pad is net die beste. Daar is […]

Lees meer

tiensent-blommetjies

naby my hartstuin blom grondbossies se roserooi tiensent-blommetjies en pointsettia in miniatuur, ’n sonskyngeel oordek die rankroos wat oor ‘n lendelam heining hang terwyl raafswart flapvinke en blougroen glansspreeus hul gunsteling gras en bessies verorber langs die goudvissiepoel krul varinglote mintgroen, fluweelsag vir ’n dag of twee, strek dan uit saam met kosbare disa en […]

Lees meer

miere

miere skarrel rond hulle ondergrondse spens boepensrond te vul ©adéle

Lees meer

21 junie

een-en-twintigste junie juig my hart se klop draai die son terug!   ©adéle

Lees meer

vivaldi-seisoene

herfsklanke talm Vivaldi-melodieë viole stryksweef ©adéle

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed