Jongste aktiwiteit:

Saluut!

’n Kis word by ons
verby gedra …

Dis wanneer ek my gedagtes,
daardie van lank gelede,
uit my hart gaan haal
in ‘n vlag toedraai
en oor jou spore neerlê

ek verwoord ons saamwees,
stof die langste aande
se stories effens af,
onthou hoe ons
gedemp moes fluister

ek klim van ons herinneringe
se hoofpad af weg,
vermy die loopgrawe,
die onverstaan van die seer
wat nie wou agtergebly

ek vat jou hand in ons onthou
en voel jou hart se vrede,
uit jou weggaan laat jy vir ons
die vreugde van jou geloof,
die vrede van jou liefde
as les en wysheid na.

©adéle




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed