die skulpie vertel
die skulpie
vertel ‘n seeverhaal
hulle het in die
vlak golfies gestaan
haar arms styf
om sy ruwe lyf
sy oë dwingend
na haar volryp mond
trane het gerol
oor haar bloswange
en agter hulle
stil die berg se hange
die grou van sy oë
weerkaats die onrus van die see
sy lewenstaak
wat die noodlot hom gee
bring afskeid fel
tussen twee jongmense
waar elkeen smag
na hul innigste hartewense
die skulpie
in haar hande
kyk diep in haar hart
vind dit bar en leeg
omring deur bande
van intense smart
die see rus nou stil
hy het sy offer gekry
en vir haar bring die lewe
‘n eensaamheid
wat swart alleenwees
se grense oorskry
©adéle
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek