Jongste aktiwiteit:

tiensent-blommetjies

naby my hartstuin blom grondbossies
se roserooi tiensent-blommetjies
en pointsettia in miniatuur,
’n sonskyngeel oordek die rankroos
wat oor ‘n lendelam heining hang
terwyl raafswart flapvinke
en blougroen glansspreeus
hul gunsteling gras en bessies verorber

langs die goudvissiepoel krul varinglote
mintgroen, fluweelsag vir ’n dag of twee,
strek dan uit saam met kosbare disa
en heide teen die tropiese hange langs my;
’n kriekekoor oefen in die sampioenedorp
en oupa-uil skryf sy komposisie van Hoop
teen die suile in my groene skadutuin
omring deur sipresse vol groeiende Geloof

©adéle




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed