Jongste aktiwiteit:

Vrystaat

is daar nog ’n plek op aarde
waar die geelgras so kan vaal;
waar wit wolke op die horison
die blou uit die blou lug haal

is daar dalk (in ’n ander wêreld)
’n streek so oop, so wyd, so vry
waar rooibruin beeste middaglaat
– kopomlaag –
oor wintervelde wei

skilder elders ook murasies –
gestrope opstalle wat pryk
naas stofblaar bloekombome;
sou dit net so Godsverlate lyk

nis daar iewers in die vreemde
ook ’n windpomp teen ’n rant;
waai die winde in Augustusmaand
soos dit waai aan hierdie kant

ek ken geen ander hartskontrei
wat so platteland na my aard nie,
geen ander heimat in my denke
wat so in my huis en haard nie

© Carma Shaw
4 September 2018
1:50




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed