Jongste aktiwiteit:

Groenfontein se sielskos

Groenfontein se sielskos

Daar is ‘n oase in my kontrei
waar water spoel oor laagwater brûe,
die silwervissies baljaar sorgloos en vry
en berge boggels het op hulle rûe

waar eggos van bobbejaan se kind
deur die valleie weerklink,
skilpad ongestoord sy pad kan vind
en die dou nog skoon op die blare blink.

Daar waar aalwyn teen die hange blom
en waar wilgers nie meer treur nie,
waar Jonas fluit-fluit met sy bokke padlangs kom
en Sara in die skadu haar potbrood knie’.

Dis daar waar Moeder Natuur my teen haar boesem sus
terwyl ek stil in die bries van haar asem rus.

Kopiereg Lynne Lexow 2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed