suid afrika – akrosties
soveel bloed gestort vir jou
uit eerbied vir voorsate gedoen
in elke hart brand vurige liefde
die mooiste land op aarde
aan ons kinders se toekoms
faal ons, sal ons dit altyd berou
rooi loop ons bloed in smarte
in eerbied vir ons Vader
kan ons nie ophou veg
aan Hom alleen die eer
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ian Raper
Ek was lank laas hier, en is bly om te sien daar word gedigte as voorbeelde geplaas: Daniel Hugo, Adam Small, C Louis Leipoldt. Ek dink die doel is nie sosiaal nie, ook nie godsdienstig nie, maar die taalkuns, spesifiek die poësie in Afrikaans. By die huis vir Afrikaanse poësie het ons 1 September lentedag gevier; sommer "versfees" genoem. Dit was gelyktydig 'n viering van wat die ampstigters van Afrikaans aan die rol gesit het. Charl-Pierre het van sy gedigte voorgelees. Sy roman verskyn binnekort. Hy het al drie groot toekennings ontvang. Dit was 'n belangrike dag vir die studente in die versklas. Van hulle het ook enkele eie gedigte gelees, maar ook dié van ander, meer bekende digters. Onder die studente is daar ook bekroondes en dié wat gepubliseer het. Weer het 'n paar in Nuwe stemme van hulle laat hoor. Rosa (Ingrid Jonker-pryswenner) het haar roman voorgestel. Gerda het vertel van haar bundel Korteks wat as e-bundel die wêreld binnesweef. Rina het 'n aangrypende gedig oor die minnares van Mussolini gelees.