Jongste aktiwiteit:

Donker Goël-uur: (Kwatryne)

selfs die rooi-dagbreek lê nog sluimerend sy glip uit drome gedagtes ontbind en kleef vas teen die donker van die uur die stilte verstrengel haar versmorend ‘n vrou lê wakker in ‘n sinkplaathuis ‘n vrou sit wakker in haar duur kombuis op die oog af verskillend dog glad nie want elk een ongeag dra aan […]

Lees meer

met eer aan: Bibi Slippers

kanarie-geel vlieg jy my gedagtes binne elke woord poësie op sy eie boeiend soos jou geliefde “xerox”: lees ek: weer en weer oor en oor jou gefotostateerde foto in die binneblad kyk my stip in die oë aangenamekennis jou skepping is… (gebrek aan voldoende woorde) bekoorlik en ontlok in my ‘n euforiese bewondering

Lees meer

Paljas

ek verander in n nar n traan kleef teen my wang – verstarde gedagtes- [jy het my kwansuis liefgehad] grap als ontaard nou in n sirkus

Lees meer

Metamorfose: (Kwatryn)

massiewe platane verkleur seisoen groen na bruin geel oranje rooi voldoen ‘n teken van die natuur se rustyd in die stilte met jouself te versoen

Lees meer

Kortverhaal [vir Johan]

Eendag lank, lank gelede… het ‘n draak hom ingesluk en die dood was beter in stede van die lyding van die lewe wat misluk niemand het sy binnelandskap geken as hy lepelgelê het in die nag met sy gedagtes wat bereken hoe om sonder faal sy slot te vermag ons sal wonder of hy nog […]

Lees meer

Spook – (Kwatryn)

Daardie dag toe jy my nie meer bemin word ek persona-non-grata (onsin) binne myself die uitgeworpene ‘n spook wat net dwaal en probeer besin

Lees meer

#Hutsteken-waan

dit lok jou onwetend in… die: wye–web-waan los jou ewig hunkerend (leeg) altyd onvoltooid #status #tweet #filters waarheid… of illusies van rooskleurige lewens wat jou vasnael in verslawing aan ‘n gejaag na (ontasbare – voorgee) beelde #swipe #like #comment ek wil jou oë sien jou reuk inasem die lyne van jou bewegings volg die hitte […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed