Jongste aktiwiteit:

Veerloos die nagtegaal

Veerloos die nagtegaal hoe het ek hier beland in hierdie donker land wat knaag aan my verstand bly dryf my na afgrond se rant… hoe ver moet ek hardloop hoeveel siele nog verkoop in swartgalligheid gedoop van alle menswees kaal gestroop verskroei… gebloei…. moeg is ek gestoei… veryste trane kan nie vloei! was nie meer […]

Lees meer

Wanneer jy my skroei

Wanneer jy my skroei… binne hitte geleiding waar vuurvonk hitte verraai vonke vuur aanhits binne smeulende nadraai naggloed skarlaken geskroei met die redenasie bly stoei want vuurtong spring oor grense verhaal opgegaarde spense verteer waar iemand moes leer los onuitspreeklike seer… trots staan teatraal sterk sal die groei van vergifnis beperk al kniel jy hóe […]

Lees meer

Die Enigste Waarheid

Die Enigste waarheid soos ń idioot het ek hier beland opsoek na waarheid in oorgroeide vergetelheid, het ek geglo in ‘n dieper wysheid in dogmatiese skrifte verstrengel bloedgraveerde wette oordeelsklokke wat altyd beier gebrande glas wat staar stapeltorings wat inperk, gevange hou… ambisie omvorm deur justisie kerklik ingeperkte perkament uitgerol op mosvloer onder voet… is […]

Lees meer

In jou geëts

In jou geëts in die voornagdroom tokkel jou hunkering ritmies op my hartsnare gly onsigbare vingers in presiese druk sagkens ruggraatlangs, dwing hemelse akkoorde vanuit slapende lendene kommandeer tamboere om in vlamduet te dans sodat vuurtonge rinkink droë takke weer opvonk spiraalgerook beneweld sintuie sneller in sinaps! herrinneringe verdrink in stormwaters golwend sluimerwaters talmend in […]

Lees meer

Verpelgrimde Eksodikus

Verpelgrimde Eksodikus aanvang met Avond brood en wyn gebreek beker en bord leeg volbring aan die kruis nanag stryd ter helle hartseer afwagting hanekraai oorwinning dagbreek van opstanding verpelgrimde op reis eksodikus vanuit die dood… ©️Bonita van der Berg Verpelgrimde: Iemand wat verlossing deur dankbare nederigheid bekom het deur introspeksie Eksodikus: Persoon wat ń uittog […]

Lees meer

Verloën

Verloën Bittersoet my gedagtes, weemoedig onvergeeflik toe die hoenderhaan kraai … Die rooiwyn stadig wegsypel in sandduin van dorstig verraad; ek in bloedmetaal my lippe smak; die derde keer oorverdowend hard! Weergalm die klank onophoudelik vasgespyker in my binne-oor – sien ek myself in die doodloopstraat… ©️Bonita van der Berg 13/04/2021

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed