Verloën
Verloën
Bittersoet my gedagtes,
weemoedig onvergeeflik
toe die hoenderhaan kraai …
Die rooiwyn stadig wegsypel
in sandduin van dorstig verraad;
ek in bloedmetaal my lippe smak;
die derde keer oorverdowend hard!
Weergalm die klank onophoudelik
vasgespyker in my binne-oor –
sien ek myself in die doodloopstraat…
©️Bonita van der Berg
13/04/2021
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.