Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Enigste Waarheid

Deur Bonita
Datum gepubliseer: 16 April 2021 Aantal woorde: 144 121 Kere gelees 6

Die Enigste waarheid

soos ń idioot het ek hier beland
opsoek na waarheid
in oorgroeide vergetelheid,
het ek geglo in ‘n dieper wysheid

in dogmatiese skrifte verstrengel
bloedgraveerde wette
oordeelsklokke wat altyd beier
gebrande glas wat staar
stapeltorings wat inperk,
gevange hou…
ambisie omvorm deur justisie
kerklik ingeperkte perkament
uitgerol op mosvloer onder voet…

is ek terug om verlede af te lê
om geestelike boeie te breek
om vernuwing na te streef
om nuutmaking na te volg

staar ek na Drie Eenheid
verhelder, verlig, verhewe –
skyn Sy lig oor alles wat wás!

want wat ís, wás ook reeds
wat reeds wás, sál weer wees
en elke maaksel sal terugkeer,
terugkeer na sy Maker.
sal weer die weg vind,
die weg van een Waarheid alléén
die Weg wat alles en almal
tot in alle ewigheid verbind.

©️Bonita van der Berg
19/03/2021




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 6
Kommentaar telling: 1

Soutpansweg 371 PPort Nolloth 8280 Ek os 46 jaar oud, woonagtig aan die diamantkus in Port Nolloth. Is ń operasionele bestuurder van ń diamantmaatskappy. Ek het net meer as ń jaar gelede weer begin skryf na 29 jaar se stilte. Ek skryf oor alles en nog wat! Skryf is my passie en ontvlugting na die fantasiewêreld van die skone kunste! Daar vind ons hoop, liefde, drome, geluk, soms vrede asook aanvaarding. Viva Afeikaans!

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 63 gaste aanlyn

Bydraes – Argief