Eie digvorm: Opdrag 8 Digvorm: Limepigram (samestelling van Limeriek en Epigram) Strofes: 2 Versreëls: 10 Rym: aa bb a, a aa bb Bou: 2 lang rymende reëls 2 korter rymende reëls 1 lang reël wat met eerste 2 reëls rym dan 1 lang reël wat rym met reël 5 2 kort reëls wat rym met […]
sluip ons laatnag uit vir middernagfees waar jy my saggies neervlei op kombers loop stroompies witwarmwas uit bloedrooi kers help my vergeet van egbreek en seerwees jou camelstem weergalm eroties hees strelende flirtasie druifkorrelpers druppels hemeldou in psalm en vers chef livine my smaakorgasme gees ontbeende borsies is brosbruin getan brie bessies en yskoue borrelwyn […]
in sy naam sing engele saam die klipkapper van carrara verwer van plafon en fresko ill divino die hemelse een in 1508 deur pous julius geseën visuele oerteks van die begin twee dominante uitgestrekte hande eggo eeue aanrakingloos majestueus en liefdevol verhouding tussen God en mens my voorsiener bewaker wonderwerker toeganklik onwrikbaar teer my verlosser […]
bloedbelope oë wat hatig staar vuil weekoue stoppelbaard slymstreep wang na mond drankasem walmspoeg bacchus brousel in ‘n glas roggelbrul waansin oophandhoue val smekend vir genade moeg ongesertifiseerde lus terapie ten spyt huis paleis pandok nog sewentig maal sewe dikbeneuk dronkgesuip sjarrap sjarrap ek maak jou vrek potbloustilte moeg ©arin erasmus
Taalgebruik waarskuwing!! in die sweterige oksel van die onderdorp kruip Anna weg onder die seerkrybed met sy voosgepisde geelvuillaken trane en angssweet van ‘n weggooikind “dalk vergeet hy vanaand van my” bid sy – tot Iemand – in fluisterstem met sy oupavest en vingers soos ‘n worteltros in die sweterige oksel van die onderdorp ©arin […]
by die voorste hek net onder die sinkafdak ‘n frisco-blik met duiwelsdrek spokerige gedaantes en skadu-vangers twostep in die klank van die grafsteensangers af in die linoleumgang waar stomme familieportrette hang verby oom brolloks en antie bittergal nie alle here is here tog aanbid sy vrou en kinders hom al het hy in sophie se […]
mnr venter en mnr flenter (opdrag 2) in ontwerperspak en gucci-skoen churchill sigaar en bmw cabarnet en portsoen-soen tweelingbroer van sp geldklokkies lui in glim en glorie eksepsionele sakeman jazz en blues euforie passievolle samaritaan waarom is jy wat jy is? want my pa was ‘n alkoholis… in vodde vuil en stukkend-skoen weggooi stompie en […]
Waarskuwing: my taalgebruik! cool soos koos kombuis (opdrag 1) met bandana en bravade woordmoord tot blourook donker rigtingloos rockster matroos hartseerstem digter musikant voëlvry verklaarde van bellville-oos catch22 van depressie septiese asem van saal ses lewende dood alleenlloop op papier doodbang drug addict en skisofreen debuteer in brekfis met vier digter andre letoit bourbon tassies […]
wildehaar bossiedokter tarentaalkind se veer bont lewenspadlittekens dollossak vol seer berook beskonke bygelowige binnepret clairvoyance en custos van my bed bewaker van die kruie kruik praat ek blomtaal en blues gelyk met charisma sing ek die bosnimf ballade en balsem saggies my liefdesdade ©arin erasmus
Die spooktrein (Limeriek) by dorp-sonder-naam se daklose stasie op die stowwerige perron sonder bagasie sit die nagskofspook ‘n Lexington en rook langs hom middernagleesstof en ‘n halflyf hasie