Anna van die onderdorp (Opdrag 4)
Taalgebruik waarskuwing!!
in die sweterige oksel van die onderdorp
kruip Anna weg onder die seerkrybed
met sy voosgepisde geelvuillaken
trane en angssweet van ‘n weggooikind
“dalk vergeet hy vanaand van my”
bid sy – tot Iemand – in fluisterstem
met sy oupavest en vingers soos ‘n worteltros
in die sweterige oksel van die onderdorp
©arin erasmus
9 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtig (en sterk) verwoord en verbeeld Carin.
-
Caren Kearley
Pragtig, hardseer, Carin
-
Ryno Rossouw
Baie kragtige gedig hierdie. Baie goed geskryf, Carin.
-
Loretta Szikra
Hierdie gedig raak baie diep aan n mens Carin. Sterk werk!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie