Jongste aktiwiteit:

Bitterbos se blou

my hongerhart
het dorstig elke druppel
van jou koue liefde verslind
my siel was deurdrenk
deur jou ysige woorde
wat my soos wind verwaai

maar in die ys van jou beloftes
het krake verskyn
met jou ysgletser woorde
wat diep kepe kerf
het jy my hartskranse toegesneeu
onder jou sneeustorting
was ek vasgeval en verkluim
deurwinter van jou verraad

nou wag ek onder bitterbos se blou
vir ware liefde
om die splinters op te vang
dit met kristalle te vervang
en so my hart
te laat ontdooi

©Jessica Venter
20/7/2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed