Spore in die kraal
(Opgedra aan Oom Wals)
Tussen Vrystaat grondpaaie, en Weskus draaie
Lê die verlange in gedagtes soos skaduwees rond
Onder rёenlose blou lug dae en geploegte grond
Is die dae gevul met herinnering in die baai van die hond
Soveel drome lê verlore in ‘n melk kraal se spore
In die koffie en beskuit, ‘n gister weg gesluit
En drome lê seer in die hart, tot die lig van die môre
Die wange weer moet afdroog van trane wat niks kan stuit
Hierdie skokkende gebeure, soos ‘n rolprent in my siel
Van kind en vrou en plaas en reёn my elke dag verniel
En wat is ek ook spesiaal dat Hy my dit moes spaar
Juis nie want Hy maak my sterk Hy ken my elke haar
In hamerslae op warm staal is gebede opgestuur
Vir krag verstaan vir hulp aangaan in elke uur
Self nou hier waar die branders hulle self oor rotse breek
Die seemis die oggend son in ‘n Vrystaat jas wegsteek
In al hierdie dinge is ek nooit alleen
Is daar broers en kinders en mense wat weet
Is daar harte wat saam bloei en jare se sweet
Daar is verstaan en vashou, meegevoel en seёn
Al leer ek dan net nog een ding
‘n lied is iets wat mense saam moet sing
En al is die wêreld hard en soms vol van pyn
Maak mense dit beter met omgee en samesyn.
©Vossie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek