By my kampvuur (Silwer gradering)
Vanmore, voor die daglumier
– die maan het aan die hemel gehang –
voor die fisant se eerste roep
het my keteltjie reeds gesing
in die geel lig van my vuur
Kom drink met my ‘n beker koffie
in hierdie goue oggenduur
wag met my die rooidag in
kom vryf jou hande oor die gloed
van my kameelhoutvuur
©Estelle Rubow
2/06/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek